ISBN

Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
'n ISBN-13, 978-3-16-148410-0, verteenwoordig deur 'n EAN-13 staafkode

Die Internasionale Standaard Boeknommer (ISBN) is 'n unieke, numeriese,[1] kommersiële identifiseerder vir boeke wat gebaseer is op die 9-syfer Standaard Boeknommer (SBN) kode wat in die Verenigde Koninkryk deur die boekverkopers en skryfbehoefte handelaar W.H. Smith en ander in 1966 ontwikkel is.[2] Die 10-syfer ISBN-formaat is deur die Internasionale Standaarde Organisasie ontwikkel en as internasionale standaard, ISO 2108 in 1970 gepubliseer (Die 9-syfer SBN-kode is in die Verenigde Koninkryk egter tot en met 1974 gebruik). Tans is die ISO TC46/SC9 subkomitee verantwoordelik vir die standaard.

Sedert 1 Januarie 2007 het die Internasionale Standaard Boeknommers uit 13-syfers bestaan, wat versoenbaar was met die Europese Artikelnommers (EAN).[3]

'n Soortgelyke numeriese identifiseerder, die International Standard Serial Number (ISSN) identifiseer periodiese publikasies soos tydskrifte.

  1. Soms gebeur dit dat uitgewers verkeerdelik 'n ISBN aan meer as een titel toeken – die eerste uitgawe van The Ultimate Alphabet en The Ultimate Alphabet Workbook het dieselfde ISBN, 0-8050-0076-3. Andersins word dieselfde boek soms verkeerdelik met verskillende ISBN'e uitgereik: 'n Duitse, tweede taal uitgawe van Emil und die Detektive het die ISBN'e 87-23-90157-8 (Denemarke), 0-8219-1969-8 (V.S.A), 91-21-15628-X (Swede), 0-85048-548-7 (Engeland) en 3-12-675495-3 (Duitsland).
  2. http://www.isbn.org/standards/home/isbn/international/history.asp – Artikel oor die geskiedenis van die ISBN by isbn.org
  3. http://www.lac-bac.gc.ca/iso/tc46sc9/isbn.htm Geargiveer 10 Junie 2007 op Wayback Machine – Gereelde vrae oor die ISBN standaard by die ISO

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search