Kewer

Kewer
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Coleoptera

Subordes

'n Kewer (of tor) is 'n insek in die Coleoptera orde, en omvat 40% van alle insekte. Sowat 300 000 spesies is reeds beskryf, maar die totale aantal word op 1 miljoen geskat. Van die Suid-Afrikaanse spesies is ongeveer 50 000 reeds beskryf. Kakkerlakke word soms verkeerdelik as kewers beskou.

Kewers het 'n kop, borsstuk, agterlyf en, as volwassenes, ses pote. Hulle verskil van ander insekte in die opsig dat 2 verharde dekskildvlerke (elytra) die agterste paar vliegvlerke beskerm. Kewers wissel in lengte van 1 mm tot meer as 150 mm. Hulle ondergaan 'n volledige metamorfose (gedaantewisseling) en leef in alle klimate en uiteenlopende omgewings, byvoorbeeld in woestyne, op hoë berge, in varswater, na aan die kus en selfs na aan die pole. Die meeste is plantetend, maar sommiges is vleisetend en sekere spesies eet afvalstowwe, verwerkte produkte en selfs anorganiese materiaal.

Die kewer verdedig homself op verskeie maniere, onder meer met behulp van kleur of met reuk-, smaak- en gifstowwe wat deur die liggaam uitgeskei word. Baie kewers is peste, maar ander hou weer die ekologiese balans in stand en word in die verband deur die mens ingespan vir plaagbestryding. Die talrykste familie is die snuitkewers (Curculionidae), waarvan sowat 35 000 spesies reeds beskryf is (2 500 in Suid-Afrika). Ander belangrike families is die grondkewers (Carabidae), blaarkewers (Chrysomelidae), boktorre (Cerambicidae), miskruiers (Scarabaeidae) en dwaalkewers (Staphylinidae).

  1. Bouchard, P.; Bousquet, Y.; Davies, A.; Alonso-Zarazaga, M.; Lawrence, J.; Lyal, C.; Newton, A.; Reid, C.; Schmitt, M.; Ślipiński, A.; Smith, A. (2011). "Family-group names in Coleoptera (Insecta)". ZooKeys (88): 1–972. doi:10.3897/zookeys.88.807. PMC 3088472. PMID 21594053.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search