Klokversnelling

AMD Athlon XP BIOS-opstelling op 'n ABIT NF7-S om die rekenaar te se klok te versnel. Voorkantbusfrekwensie (Eksterne klok) is verhoog na 133 MHz na 148 MHz en die klokvermenigvuldigingsfaktor is verhoog vanaf 13.5 na 16.5

Klokversnelling is die proses waar 'n rekenaarkomponent gedwing word om teen 'n hoër kloksnelheid te werk as waarvoor dit deur die vervaardiger ontwerp of aanbeveel word. Dit word gewoonlik gedoen deur rekenaargeesdriftiges om die werkverrigting van hulle rekenaars te verhoog. Sommige van dié mense koop goedkoper rekenaars en verhoog die kloksnelhed om hoër snelhede te verkry of koop duur komponente en versnel dan die klok om selfs beter werkverrigting te verkry as wat die komponente gewoonlik toe in staat is. Ander mense gebruik klokversnelling van komponente om te verseker dat hulle ouer stelsels steeds aan stelselvereistes voldoen eerder as om nuwe hardeware aan te skaf soos voorgeskryf deur sagteware handelaars.[1]

Gebruikers wat hulle komponente se kloksnelheid verhoog, fokus gewoonlik hulle aandag op die Sentrale verwerkingseenheid, videokaarte, die moederbord se geïntegreerde stroombane en RAM. Dit word gedoen deur die SVE-klokvermenigvuldiger te manipuleer en die moederbord se voorkantbus totdat 'n maksimum stabiele bedryfsfrekwensie bereik word. Die idee is eenvoudig, maar die variasies in die elektriese en fisiese eienskappe van rekenaarstelsels maak die proses ingewikkelder. SVE-vermenigvuldigers, busverdelers, elektriese potensiaalverskille, termiese ladings,verkoelingstegnieke en verskeie ander faktore kan dit beïnvloed.[2]

  1. The Book of Overclocking, Scott Wainner, Robert Richmond, bladsye 1-2, isbn = 188641176X, No Starch Press, 2003
  2. The Book of Overclocking, Scott Wainner, Robert Richmond, bl. 29, isbn = 188641176X, No Starch Press, 2003

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search