Komponis

Franse komponis Louis-Nicolas Clérambault, besig om musiek te komponeer.

'n Komponis of toondigter is 'n persoon wat musiek komponeer. So 'n persoon bedink, skep en skryf die musiek meestal neer.

Vir die meeste geskrewe vorme van musiek (byvoorbeeld klassieke musiek) is die komponis van groot belang. By vorme van musiek wat op gehoor bespeel word (byvoorbeeld volksmusiek, of Indiese en Turkse musiek) is die bron dikwels onbekend of anoniem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search