Koppelteken

'n Koppelteken is 'n leesteken wat dieselfde as 'n minusteken lyk en word gebruik om verskillende begrippe met mekaar te verbind.

Dus, wanneer 'n woord bestaan uit 'n samestelling van meer as een woord, soos bv. tennis + baan = tennisbaan, word 'n koppelteken gebruik slegs om verwarring te voorkom of om leesbaarheid te verbeter. In baie gevalle moet eie oordeel gebruik word, maar wees altyd versigtig om nie die koppelteken onnodig te gebruik nie. In baie gevalle kan 'n saamgestelde woord sonder 'n koppelteken geskryf word. As jy twyfel oor watter koppeltekenreël hieronder toegepas moet word op 'n saamgestelde woord, skryf altyd eers die woord sonder 'n koppelteken: As dit verstaanbaar is, los dit so. As dit verwarrend of moeilik is om te lees, gebruik 'n koppelteken.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search