Kwaliteit

Kwaliteit is soms 'n sinoniem vir eienskap, maar word dikwels gebruik om aan te dui of iets of iemand aan 'n doel beantwoord. Dit is in 'n filosofiese sin 'n begrip wat moeilik is om te definieer, maar wat op die praktiese vlak dikwels gebruik word om byvoorbeeld tegniese eienskappe van 'n stof en die geskiktheid vir 'n bepaalde gebruik aan te dui.

Enkele ander definisies van kwaliteit is:

  • Geskiktheid vir gebruik deur die skrywer Joseph Juran[1]
  • Voldoening aan vereistes deur die skrywer Phil Crosby[2]
  • Die geheel van die kenmerke van 'n entiteit wat betrekking het op die vermoë van die entiteit om bekendgemaakte en vanselfsprekende behoeftes te bevredig. (Nederlands Normalisatie Instituut)
  • Volgens ISO 8402 is kwaliteit: Die geheel van eienskappe en kenmerke van 'n produk of diens wat van belang is vir die voldoening aan vasgestelde of vanselfsprekende behoeftes.

Kwaliteit kan nie uitsluitend vanaf die begrip klant of klantebehoeftes gedefinieer word nie aangesien dit gaan oor die objektiewe vastelling van wat kwaliteit is.

  1. American Society for Quality, Glossary - Entry: Quality, http://www.asq.org/glossary/q.html, besoek op 2008-07-20 
  2. Crosby, Philip (1979). Quality is Free. New York: McGraw-Hill. ISBN 0070145121.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search