Mameluk

’n Berede Mameluk-soldaat, geteken in 1810.

’n Mameluk (Arabies: مملوك, "word besit") was ’n soldaat of slaaf wat hom tot Islam bekeer het. Die verskynsel was van groot politieke belang en het lank bestaan, van die 9de tot die 19de eeu. Mettertyd het Mamelukke ’n magtige militêre kaste in verskeie Moslem-gemeenskappe geword. Veral in Egipte, maar ook in die Levant, Irak en Indië het Mamelukke politieke en militêre mag gehad. In sommige gevalle het hulle selfs sultans geword. Mameluk-faksies het ook sultanate vir hulself opgeëis in Egipte en Sirië in ’n tydperk bekend as die Mameluk-sultanaat (1250–1517). Dié sultanaat het die Mongole teruggehou en teen die Kruisvaarders geveg.

Hoewel Mamelukke gekoop en verkoop is, was hulle status hoër as dié van gewone slawe, wat nie wapens kon gedra of sekere take kon verrig het nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search