Minaret

Die Kocatepe-moskee in Ankara, Turkye, met sy vier minarette wat bo die gebou uittroon.
Die Aya Sophia in Istanboel.

’n Minaret (Persies: مناره, menare; Turks: minare; van die Arabies: منارة, manāra; letterlik "ligtoring") is ’n argitektoniese struktuur soortgelyk aan ’n toring wat by moskees aangetref word. Dit is gewoonlik ’n hoë, dun struktuur met ’n keël- of uivormige kroon wat óf alleen staan óf bo die res van ’n steunstruktuur uittroon. Die basiese vorm van ’n minaret sluit ’n basis, skag en galery in. Style verskil van streek tot streek en tydperk tot tydperk. Minarette is ’n visuele fokuspunt en word tradisioneel deur die muezzin gebruik vir die oproep tot gebed; dit is nie ’n godsdienstige vereiste nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search