NAFTA

Ondertekening van die NAFTA-verdrag in Oktober 1992 (v.l.n.r., agterste ry): president Carlos Salinas de Gortari (Meksiko), president George H.W. Bush (VSA) en eerste minister Brian Mulroney (Kanada); voorry: Jaime Serra Puche (Meksiko), Carla Hills (VSA) and Michael Wilson (Kanada)
Kenteken van die NAFTA, bestaande uit die vlae van die Verenigde State, Meksiko en Kanada
Ligging van die NAFTA

Die NAFTA (Engels: North American Free Trade Agreement, NAFTA; Frans: Accord de libre échange nord américain, ALÉNA; Spaans: Tratado de Libre Comercio de América del Norte, TLCAN) is 'n vryhandelsone tussen die drie Noord-Amerikaanse lande met politieke en ekonomiese samewerkingsooreenkomste. Die NAFTA is op 1 Januarie 1994 deur Kanada, Meksiko en die Verenigde State van Amerika gestig. Die amptelike tale van die NAFTA is Engels, Frans en Spaans. Die NAFTA se hoofkantore is in Meksikostad, Ottawa en Washington, D.C. geleë.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search