Patent

Die patentplaat van 'n Martin-uitskietstoel van die gelyknamige militêre vliegtuig wys dat die ontwerp deur verskeie patente gedek word Brittanje, Suid-Afrika, Kanada en ander lande.

'n Patent is 'n stel uitsluitlike regte wat deur die staat aan 'n persoon toegeken word vir 'n vaste tydperk in ruil vir die beheerde, openbare bekendmaking van sekere besonderhede van 'n toestel, tegniek, proses of samestelling van materiale (wat as 'n uitvinding bekend staan) wat nuut is, innoverend en nie voor-die-hand-liggend is nie en bruikbaar is of nywerheidstoepassings het.

Die uitsluitlike regte wat aan die patenthouer gegee word is die reg om ander te verhoed om die patent waarop aanspraak gemaak word te maak, gebruik, te verkoop, aanbiedinge tot die verkoop daarvan te maak of dit in te voer. Die regte wat aan die patenthouer toegeken word sluit nie noodwendig die reg in om die uitvinding self te maak, te verkoop of te gebruik nie. Die patenthouer mag byvoorbeeld eers aan ander wette en regulasies voldoen alvorens hy kan gebruik maak van die uitvinding. 'n Farmaseutiese maatskappy mag byvoorbeeld 'n patent op 'n nuwe medikasie verkry maar sal dit nie aan die mark kan bekend stel sonder die nodige wetlike toestemming soos deur 'n betrokke land se wette voorgeskryf word nie. 'n Uitvinder kan ook byvoorbeeld moontlik 'n patent verkry vir 'n verbetering tot 'n spesifieke soort laser, maar nie die nuwe ontwerp kan verkoop of vervaardig sonder 'n lisensie (toestemming) van die eienaar van 'n vroeëre breër patent wat alle lasers van die soort dek nie.

Die term "patent" vind sy oorsprong in die Latynse woord patere wat beteken om te "oop te maak" (d.w.s. openbaar te maak).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search