Ptolemeus

Ptolemeus
Portret van Ptolemeus deur Justus van Gent en Pedro Berruguete (1476).

Geboortenaam Claudius Ptolemeus
Gebore c. 100 n.C.
Egipte, Romeinse Ryk
Oorlede c. 170 n.C.
Aleksandrië, Egipte
Vakgebied wiskunde, aardrykskunde, sterrekunde
Bekend vir Almagest

Claudius Ptolemeus[1] of Claudius Ptolemaios[1] (Latyn: Claudius Ptolemaeus; Grieks: Κλαύδιος Πτολεμαῖος, Klaudios Ptolemaios; omstreeks 100-170 n.C.) was ’n Romeinse burger van Egipte wat in Grieks geskryf het.

Hy was ’n wiskundige, sterrekundige, aardrykskundige, astroloog en musiekteoretikus[2] van Alexandrië wat sowat 'n dosyn wetenskaplike verhandelings geskryf het, waarvan drie belangrik was vir latere Bisantynse, Islamitiese en Wes-Europese wetenskap. Die eerste was sy sterrekundige verhandeling wat nou as die Almagest bekend is, met die oorspronklike titel Wiskundige Verhandeling (Grieks: Μαθηματικὴ Σύνταξις, Mathēmatikḗ Syntaxis). Die tweede is die Geografie, wat 'n uitvoerige bespreking van kaarte en die geografiese kennis van die Grieks-Romeinse wêreld is. Die derde is die astrologiese verhandeling waarin hy probeer het om horoskopiese astrologie aan te pas by die Aristoteliese natuurlike filosofie van sy tyd. Dit is soms bekend as die Apotelesmatika (Grieks: Αποτελεσματικά, letterlik "Oor die Effekte", maar algemener bekend as die Tetrábiblos, van Koine wat "Vier Boeke" beteken, of onder sy Latynse naam, Quadripartite.

Wat die sterrekunde betref, het hy geglo die Aarde is die middelpunt van die heelal. Sy sienings het die wetenskap langer as 1 400 jaar oorheers, tot lank ná die Middeleeue.

  1. 1,0 1,1 "Ptolemy" in Pharos aanlyn by pharosonline.co.za (intekening nodig). Besoek op 28 Maart 2024.
  2. Lukas Richter, Grove Music Online, Oxford University Press, {{{date}}}.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search