Radiogolfvoortplanting

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

In teenstelling met klankgolwe het radiogolwe nie 'n medium nodig vir voortplanting nie. Dit word duidelik geïllustreer deur die feit dat ons suksesvol met ruimtetuie kommunikeer ten spyte van die vakuum van die ruimte. Radiogolwe is egter deel van die verskynsel wat elektromagnetiese straling heet. Elektromagnetiese straling sluit mikrogolwe, lig, en verskynsels soos x-, alpha- en gammastrale in.

Radiogolf voortplanting vir aardse kommunikasie word egter deur 'n aantal natuurverskynsels beïnvloed. Meeste van hierdie verskynsels word deur ons son se interaksie met die aarde se atmosfeer en magnetiese veld veroorsaak. Radiokommunikasie word beplan om die beste gebruik te maak van hierdie verskynsels.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search