Refusenik

'n Tipe 2-emigrasievisum. Dit is uitgereik aan mense wat toestemming gekry het om die Sowjetunie permanent te verlaat; hulle het hulle Sowjet-burgerskap verloor. Baie mense is so 'n visum geweier.

Refusenik[1] (Russies: отказник, otkaznik; van "отказ", otkaz, "weiering") was 'n nieamptelike term vir individue – gewoonlik Jode van die Sowjetunie, maar nie altyd nie – wat toestemming deur die owerhede van die Oosblok geweier is om te emigreer, veral na Israel.[2]

  1. "Refusenik" in die Nuwerwetse Politieke Woordeboek. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 14 Augustus 2021.
  2. Mark Azbel' en Grace Pierce Forbes. Refusenik, trapped in the Soviet Union. Houghton Mifflin, 1981. ISBN 0-395-30226-9

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search