Sagteware-ontwikkeling

'n Nigeriese sagteware-ontwikkelaar besig om te werk.

Sagteware-ontwikkeling is die proses om begrippe, spesifikasies, ontwerpe, programmering, dokumente, toetse en foutoplossings op te stel wat betrokke is by die skep en instandhouding van toepassings, raamwerke of ander sagteware-komponente. Sagteware-ontwikkeling is die proses om die bronkode te skryf en te onderhou, maar in 'n breër sin sluit dit alles in wat betrokke is tussen die konsepsie van die gewenste sagteware tot die finale manifestasie van die sagteware, soms in 'n beplande en gestruktureerde proses.[1] Daarom kan sagteware-ontwikkeling navorsing, nuwe ontwikkeling, prototipering, wysiging, hergebruik, herontwerp, onderhoud of enige ander aktiwiteite wat tot sagtewareprodukte lei, insluit.

Sagteware kan vir 'n verskeidenheid doeleindes ontwikkel word, waarvan die volgende drie die algemeenste is naamlik; om aan spesifieke behoeftes van 'n spesifieke kliënt/onderneming te voldoen (die geval met pasgemaakte sagteware), om in die spesifieke behoeftes van 'n aantal potensiële gebruikers te voorsien (die geval met kommersiële en oopbronsagteware), of vir persoonlike gebruik (bv. 'n wetenskaplike mag sagteware skryf om 'n alledaagse taak te outomatiseer). Die ontwikkeling van ingebedde sagteware, dit wil sê die ontwikkeling van ingeboude sagteware, soos gebruik vir die beheer van verbruikersprodukte, vereis dat die ontwikkelingsproses geïntegreer moet word in die ontwikkeling van die beheerde fisiese produk. Stelselsagteware is onderliggend aan toepassings en die programmeringsproses self, en word dikwels afsonderlik ontwikkel.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named bpc

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search