Sercquiais

Sercquiais
Gepraat in: Sark 
Gebied: Kanaaleilande
Totale sprekers: 15
Taalfamilie: Indo-Europees
 Romaans
  Wes-Romaans
   Galloiberies
    Galloromaans
     Gallorhaeties
      Oïl
       Normandies
        Sercquiais 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Sark
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: -
ISO 639-2: -
ISO 639-3: -

Sercquiais (Engels: Sarkese, Engels sercquiais : Serkyee) is die dialek van die Normandiese Oïltaal wat op die Kanaaleiland Sark gepraat word. Op die eiland staan dit onder die naam patois bekend, 'n Franse term vir dialek wat nou 'n effens negatiewe konnotasie het.

Sarkese is 'n afstammeling van die 16de eeuse Jèrriais wat deur die oorspronklike koloniste, 40 gesinne uit St. Ouen, Jersey,[1] wat hulle op die, op daardie stadium onbewoonde eiland, gevestig het. Dit is intussen ook deur die Guernsey dialek Dgèrnésiais beïnvloed. Dit word nog deur 'n baie klein groepie ouer inwoners van die eiland gepraat. Alhoewel die woordeskat swaar geangliseer is, behou die fonologie eienskappe wat in Jèrriais sedert die 16de eeu verloor is. Meeste van die plaaslike plekname is in in Sarkese.

Die taal het in onlangse jare erg agteruitgegaan as gevolg van die instroming van 'n groot aantal belastingvlugtelinge uit Engeland wat na die eiland getrek het sowel as amptelike verwaarlosing. Inligting aangaande die aantal sprekers van Sercquiais is nog nooit amptelik ingesamel nie, maar in 1998 is daar geraam dat minder as 20 van die eiland se 600 permanents inwoners (3.3%) steeds Sercquiais kon praat.[2]

Dit is ook naby verwant aan die uitgestorwe Alderney dialek, Auregnais, sowel as die vasteland Normandies wat in Frankryk gepraat word.

  1. [1] Société Jersiaise Geargiveer 21 April 2008 op Wayback Machine, Besoek op 23 Maart 2007
  2. BBC, Dr Mari C Jones, Jèrriais and Sercquiais today, Besoek op 23 Mei 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search