Silwer

Hierdie artikel handel oor die chemiese element silwer (Ag). Vir die kleur silwer, sien Silwer (kleur).
47 palladiumsilwerkadmium
Cu

Ag

Au
Algemeen
Naam, simbool, getal silwer, Ag, 47
Chemiese reeks oorgangsmetale
Groep, periode, blok 11, 5, d
Voorkoms glinsterende wit metaal
Atoommassa 107.8682 (2) g/mol
Elektronkonfigurasie [Kr] 4d10 5s1
Elektrone per skil 2, 8, 18, 18, 1
Fisiese eienskappe
Kleur silwer
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 10.49 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 9.320 g/cm³
Smeltpunt 1234.93 K
(961.78 °C)
Kookpunt 2435 K
(2162 °C)
Smeltingswarmte 11.28 kJ/mol
Verdampingswarmte 258 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 25.350 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 1283 1413 1575 1782 2055 2433
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur kubies vlakgesentreerd
Ruimtegroep Fm3m  nommer: 225
Strukturbericht-kode A1
Oksidasietoestande 1
(amfoteriese oksied)
Elektronegatiwiteit 1.93 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 731.0 kJ/mol
2de: 2070 kJ/mol
3de: 3361 kJ/mol
Atoomradius 160 pm
Atoomradius (ber.) 165 pm
Kovalente radius 153 pm
Van der Waals-radius 172 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking diamagneties
Elektriese resistiwiteit (20 °C) 15.87 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 429 W/(m·K)
Termiese diffusievermoë (300 K) 174 mm²/s
Termiese uitsetting (25 °C) 18.9 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (k.t.) 2680 m/s
Young se modulus 83 GPa
Skuifmodulus 30 GPa
Massamodulus 100 GPa
Poissonverhouding 0.37
Mohs se hardheid 2.5
Vickers hardheid 251 MPa
Brinell hardheid 24.5 MPa
CAS-registernommer 7440-22-4
Vernaamste isotope
Isotope van Silwer
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
105Ag sin 41.2 d e - 105Pd
? 0.344, 0.280,
0.644, 0.443
-
106mAg sin 8.28 d e - 106Pd
? 0.511, 0.717,
1.045, 0.450
-
107Ag 51.839% Ag is stabiel met 60 neutrone
108mAg sin 418 y e - 108Pd
IO 0.109 108Ag
? 0.433, 0.614,
0.722
-
109Ag 48.161% Ag is stabiel met 62 neutrone
111Ag sin 7.45 d ß- 1.036, 0.694 111Cd
? 0.342 -
Portaal Chemie

Silwer is 'n chemiese element met die simbool: Ag, vanuit die Latyn: Argentum en atoomgetal van 47. Silwer is 'n sagte, glansende wit oorgangsmetaal met die hoogste elektriese geleidingsvermoë van alle elemente en het ook die hoogste termiese geleidingsvermoë van enige metaal. Dit kom voor as 'n vrye metaal asook in verskeie minerale soos argentiet en chlorargiriet. Die meeste silwer word vervaardig as byproduk van die ontginning van koper, goud, lood en sink.

Silwer is al sedert antieke tye bekend en word as 'n betaalmiddel aangewend. Dit word eeue lank al as 'n edelmetaal beskou wat gebruik is in ornamente, juweliersware en eetgerei van hoë waarde. Hiervoor word gewoonlik nie die suiwer metaal nie, maar die legering sterlingsilwer gebruik. Tans word silwer gebruik in fotografiese film, elektriese kontakte, geleiers en spieëls. Elementêre silwer word ook gebruik in die katalise van chemiese reaksies. Silwer se antimikrobiese werking maak dit moontlik om verdunde oplossings van silwernitraat en ander silwerverbindinge te gebruik as ontsmettingsmiddels.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search