Toearegs

Toearegs

'n Kunstenaarsvoorstelling van Tin Hinan, 'n antieke koningin van die Hoggar
Totale bevolking: ca. 3 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Niger Niger 2 116 988[1]

Vlag van Mali Mali 536 557[2]
Vlag van Burkina Faso Burkina Faso 370 738[3]
Vlag van Algerië Algerië 25 000–150 000
Vlag van Tunisië Tunisië 2 000 (nomadies)
Vlag van Libië Libië (nomadies)
Vlag van Nigerië Nigerië (nomadies)

Taal: Toearegtale (Tamasheq, Tamaghit, Tafaghist, Tamahaq, Tamasheq, Tamajeq, Tawellemmet); Arabies; Frans
Geloofsoortuiging: Islam
Verwante etniese groepe: Ander Berbervolke

Die Toearegs (endoniem: Kel Tamasheq, Kel Tagelmust[4]) is 'n groot etniese Berberkonfederasie. Hulle bly veral in die Saharawoestyn waar hulle 'n gebied vanaf die verre suidweste Libië tot suidelike Algerië, Niger, Mali en Burkina Faso bewoon.[4] Toearegs is tradisioneel nomadiese pastorale veeherders; kleiner groepe bly ook in die noorde van Nigerië.[5]

Die tradisionele tuiste van die Toearegs in die Saharawoestyn[4]
Vlag van Kel Ahaggar, 'n Toeareg-konfederasie in Algerië

Die Toearegs besig die Toearegtale (ook bekend as Tamasheq), wat tot die Berbertale van die Afro-Asiatiese taalfamilie behoort.[6]

Die Toearegs is al "blou mense" vanweë hul met indigo gekleurde klere wat hulle tradisioneel aantrek en ook op hul vel afvryf.[7][8] Hulle is halfnomadiese Moslem en waarskynlik afstammelinge van die inheemse Berbers van Noord-Afrika.[9] Die Toearegs was een van die etniese groepe wat tydens die verspreiding van Islam en sy vestiging in Noord-Afrika en die aangrensende Sahelstreek histories invloedryk was.[10]

Die Toearegs se samelewing bestaan tradisioneel uit 'n clan-, sosiale status en kastehiërargieë binne elke politieke konfederasie.[7][11][12] Die Toearegs het verskeie handelsroetes deur die Saharawoestyn gekontrolleer en was 'n belangrike party in die konflikte van die Saharastreek tydens beide die Wedloop om en Dekolonisasie van Afrika.[7]

Hoewel die Toearegs vandag veral 'n bestaan maak deur handel in sout, dadels en graan, heg hulle steeds groot waarde aan hul ou wapens soos die groot metaalspiese, tweesnydende swaarde (soos die van die Kruisvaarders) en hul groot velskilde. Trouens, hul kode van eer is soos die van die ridders van die Middeleeue. Die Toeraegs betaal altyd hul skuld, en as 'n Targui sy woord gegee het, kan 'n mens daarop vertrou. Die Toearegs het 'n uitdrukking wat sê: "Selfs die hel verafsku oneerlikheid".

In 2012 het Toearegs in Noord-Mali teen die sentrale regering van Amadou Toumani Touré in opstand gekom en omvergewerp. Vervolgens het Toearegs in Noord-Mali 'n eie staat, Azawad, gestig, wat Mali se troepe met Franse ondersteuning herower het. Die staat se hoofstad was Gao langs die Nigerrivier.

  1. "Niger". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 28 Oktober 2019.
  2. (en) Pascal James Imperato; Gavin H. Imperato (2008). Historical Dictionary of Mali. Scarecrow. p. lxxvii. ISBN 978-0-8108-6402-3.
  3. "Burkina Faso". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 28 Oktober 2019.
  4. 4,0 4,1 4,2 (en) Shoup III, John A. (2011). Ethnic Groups of Africa and the Middle East. ABC-CLIO. p. 295. ISBN 978-1-59884-363-7. Besoek op 28 Oktober 2019.
  5. (en) Keith Brown, Sarah Ogilvie, Concise encyclopedia of languages of the world, Elsevier, 2008, ISBN 9780080877747, bl. 152.
  6. (en) Lewis, M. Paul (ed.), 2009. Ethnologue: Languages of the World, Sixteenth edition. Dallas, Tex.: SIL International. Aanlyn: http://www.ethnologue.com/
  7. 7,0 7,1 7,2 (en) Elizabeth Heath (2010). Anthony Appiah and Henry Louis Gates (red.). Encyclopedia of Africa. Oxford University Press. pp. 499–500. ISBN 978-0-19-533770-9.
  8. Karl G. Prasse 1995.
  9. (en) Susan J. Rasmussen (1996). "Tuareg". In David Levinson (red.). Encyclopedia of World Culture, Volume 9: Africa and the Middle East. G.K. Hall. ISBN 978-0-8161-1808-3.
  10. (en) Harry T. Norris (1976). The Tuaregs: Their Islamic Legacy and Its Diffusion in the Sahel. London: Warminster. pp. 1–4, chapters 3, 4. ISBN 978-0-85668-362-6. OCLC 750606862.; opsomming, ASC Leiden Catalogue; 'n Hersiening van Norris se boek: Stewart, C. C. (1977). "The Tuaregs: Their Islamic Legacy and its Diffusion in the Sahel. By H. T. Norris". Africa. 47 (4): 423–424. doi:10.2307/1158348. JSTOR 1158348.
  11. Karl G. Prasse 1995, pp. 16, 17–22, 38–44.
  12. (en) Tamari, Tal (1991). "The Development of Caste Systems in West Africa". The Journal of African History. 32 (2): 221–222, 228–250. doi:10.1017/s0021853700025718.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search