Trilobiet

Trilobiete
Tydperk: 521–252 m. jaar gelede
Fossiel van 'n trilobiet
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Trilobitomorpha
Klas:
Trilobita
Ordes

Agnostida
Redlichiida
Corynexochida
Lichida
Nektaspida(?)
Phacopida
Proetida
Asaphida
Harpetida
Ptychopariida

Trilobiete, so genoem weens hul drielobbige anatomie, is 'n klas van uitgestorwe seediertjies, wat tot die geleedpotiges behoort het. 'n Tipiese trilobiet was omtrent so groot as jou duim. Volgens die ewolusieteorie het die diertjies sowat 521 miljoen jaar gelede in die vroeë Kambriese tydperk ontstaan. Hul bloeityd was die vroeë Paleozoïese tydperk, waarna hulle geleidelik in verskeidenheid afgeneem het. In die Devoonse tydperk het meeste uitgesterf, maar een orde, die Proetida het oorleef. Ook hierdie orde sou in die groot uitsterwing van die Perm-tydperk, 252 miljoen jaar gelede, verdwyn. Nogtans het hierdie suksesvolle diere het die aarde vir 270 miljoen jaar bewoon.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search