Waarheid

Walter Seymour Allward, Veritas, 1920
Johannes 18:38 – "Quid est veritas?" Christus en Pontius Pilatus, deur Nikolai Ge.

Waarheid is ’n fundamentele begrip wat min of meer sinoniem is met egtheid, geldigheid, juistheid. Die teenoorgestelde van waarheid is onwaarheid of leuen.

Wat waarheid presies beteken, is die onderwerp van bespreking in talle vakgebiede soos godsdiens en filosofie, en dit was waarskynlik nog altyd so gewees. Eeue oue uitsprake oor Wat is waarheid? (toegeskryf aan Pontius Pilatus) getuig al daarvan. Dit is omdat die waarheid van ’n uitspraak slegs vasgestel kan word deur dit te toets aan die hand van feite, en dit is nie altyd bekend nie.

Waarhede kan ’n beperkte geldigheid hê, afhangend waarna verwys word. Die uitspraak "1 plus 1 is 2" geld vir getalle uit die desimale stelsel, maar nie uit die binêre getallestelsel nie. Net so kan ’n waarheid afhanklik wees van die persoon wat dit uiter, soos: "Vis is lekker." Dit geld dalk wel vir een persoon, maar nie noodwendig vir ’n ander nie. Die uitspraak: "Persoon A hou van vis" hou daarmee verband.

Teenoor relativisme, wat dit stel dat waarheid afhanklik van die konteks is, bestaan ook positivistiese opvattings waarmee daar byvoorbeeld gestreef kan word na ’n "oorkoepelende waarheid" wat altyd geld (universalisme), om oënskynlike teenstrydige waarhede (of aksiome) op ’n hoër vlak met mekaar te versoen.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search