Waterdigting

Die buitekant van 'n tonnel word gewaterdig.

Waterdigting is die proses om 'n voorwerp of struktuur waterdig of waterbestand te maak,[1] sodat dit steeds relatief onaantasbaar is deur water of weerstand bied teen die binnedringing van water onder bepaalde toestande. Sulke items kan in nat omgewings of onder water gebruik word tot gespesifiseerde dieptes.

Waterbestand en waterdig verwys dikwels na die deurdringing van water in vloeibare vorm  en moontlik onder druk; terwyl dampdigtheid verwys na die bestandheid teen humiditeit en klammigheid. Deurlating van waterdamp deur 'n materiaal word aangemeld as waterdamp deurlatingstempo.

Die rompe van bote en skepe was eens op 'n tyd waterdig gemaak met 'n aanwending van teer of pik. Moderne items kan waterdig gemaak word deur 'n laag waterafweermiddel daarop aan te wend of om die nate af te dig met seisings of o-ringe.

Waterdigting word gebruik ten opsigte van strukture (soos kelders, dekke of nat gebiede), watervaartuie, tentdoek, klere ( reënjasse of waterstewels), elektroniese toestelle en papier verpakking (soos melkkartonne).

  1. Waterproof mobiles make a splash – CNN.com

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search