Wes-Sahara

Ligging van Wes-Sahara
Kaart van Wes-Sahara
Topografiese kaart van Wes-Sahara
Die Verenigde Nasies se kaart van Wes-Sahara toon die deur Marokko besette gebied (wes van die Berm)[1][2] en die gebied wat beheer word deur die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara (oos van die Berm).[1][3]

Wes-Sahara (Arabies: الصحراء الغربية, aṣ-Ṣaḥrā’ al-Gharbīyah; Berbers: Taneẓroft Tutrimt; Spaans: Sahara Occidental) is 'n gebied wat voorheen as Spaans-Sahara, 'n kolonie van Spanje bekend gestaan het. Dit is geleë in Noord-Afrika, suid van Marokko, suidwes van Algerië en noordwes van Mauritanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara in die Atlantiese Oseaan.

In Julie 2004 het Wes-Sahara 'n bevolking van 267 405 gehad. Dit beslaan 'n oppervlakte van 266 000 km². Wes-Sahara is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk, maar met 'n totale bevolking kleiner as die meeste stede in Suid-Afrika.

  1. 1,0 1,1 (en) "Fighting Is Long Over, but Western Sahara Still Lacks Peace". The New York Times. 23 Februarie 2015. Besoek op 8 Februarie 2021.
  2. (en) "Resolutions adopted on the Reports of the Fourth Committee". Verenigde Nasies. Besoek op 8 Februarie 2021.
  3. (en) Joanna Allan (9 April 2019). Silenced Resistance: Women, Dictatorships, and Genderwashing in Western Sahara and Equatorial Guinea. University of Wisconsin Press. p. 12. ISBN 978-0-299-31840-6.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search