Araks

Araks – Aras – Arax – Araxes
Die Araks tussen Nachitsjewan, Azerbeidjan (regs) en Iran (links).
Die Araks tussen Nachitsjewan, Azerbeidjan (regs) en Iran (links).
Die Araks tussen Nachitsjewan, Azerbeidjan (regs) en Iran (links).

Die stroomgebied van die Araks.

Oorsprong suid van Erzurum in die Bingöl-gebergtes (Turkye)
Monding naby Sabirabad (Azerbeidjan) in die Koera
Stroomgebied Turkye, Armenië, Azerbeidjan en Iran
Lengte 1 072 km (666 myl)[1]
Mondinghoogte −12 m (−40 voet)
Stroomgebiedopp. 102 000 km² (39 000 myl²)
Nasa-Satellietbeeld van die Araks tussen Armenië in die noorde en Turkye in die suide. Suid van die Araks is berg Ararat en noord van dié rivier is die Armeense hoofstad Jerewan geleë

Die Araks, Aras, Arax of Araxes (Armeens: Արաքս, Azerbeidjans: Araz, Grieks: Αράξης, Koerdies: Erez, Persies: ارس, Turks: Aras) is die grootste sytak van die Koera in die Kaukasus. Die rivier, met 'n lengte van 1 072 km, vloei deur Turkye, Armenië, Azerbeidjan en Iran.

Die Araks ontspring suid van Erzurum in die Bingöl-gebergte in Oos-Anatolië, Turkye. Aansluitend vloei die rivier in oostelike rigting en bereik die Armeens-Turkse grens. Hier vloei die Araks tussen die Armeense hoofstad Jerewan in die noorde en berg Ararat in die suide. Daarnaas vloei die rivier in 'n suidoostelike rigting en vorm die grens tussen Iran in die suidweste en die Azerbeidjanse eksklawe Nachitsjewan in die noordooste, aansluitend vloei die Araks in noordoostelike rigting en vorm die grens tussen Armenië en Iran, later Azerbeidjan en Iran. Op Azerbeidjanse gebied mond die Araks naby Sabirabad in die Koera uit, wat suidwes van Bakoe in die Kaspiese See vloei.

  1. (en) Our Waters: Joining Hands Across Borders – First Assessment of Transboundary Rivers, Lakes and Groundwater. Verenigde Nasies. 2007. p. 106. ISBN 978-9211169720.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search