Azerbeidjan

Republiek Azerbeidjan
Azərbaycan Respublikası (Azerbeidjans)
Vlag van Azerbeidjan Embleem van Azerbeidjan
Vlag Embleem
Volkslied: Azərbaycan marşı
(Azerbeidjans vir: "Mars van Azerbeidjan")
Ligging van Azerbeidjan
Hoofstad Bakoe

40°25′N 49°50′O / 40.417°N 49.833°O / 40.417; 49.833

Grootste stad Bakoe
Amptelike tale Azerbeidjans
Regering Unitêre semi-presidensiële[1]
grondwetlike republiek
İlham Əliyev
Mehriban Əliyeva
Ali Asadov
Onafhanklikheid
Vorming en onafhanklikheid
• Koninkryk Albania
• Eldiguzide
Demokratiese Republiek
Sosialistiese Sowjetrepubliek
• Azerbeidjanse onafhanklikheid
• Huidige grondwet

van die Sowjetunie
4de eeu v.C.
ca. 1135
28 Mei 1918
28 April 1920
18 Oktober 1991
12 November 1995
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
86 600 km2  (112de)
33 400 myl2
1,6
Bevolking
 - 2022-skatting
 - Digtheid
 
10 353 296[2] (90ste)
117 / km2 (99ste)
303 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$201,481 miljard[3] (79ste)
$19 370[3] (87ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$80,983 miljard[3] (82ste)
$7 786[3] (88ste)

MOI (2021) 0,745[4] (91ste)  –  hoog
Gini (2005) 26,6[5] –  medium
Geldeenheid Manat (AM) (AZN)
Tydsone
 - Somertyd
AZT (UTC+04)
nie toegepas nie (UTC)
Internet-TLD .az
Skakelkode +994

Azerbeidjan (of Azerbaidjan of Aserbeidjan; Azerbeidjans: Azərbaycan, [ɑzæɾbɑjˈd͡ʒɑn]), amptelik die Republiek Azerbeidjan (Azərbaycan Respublikası, [ɑzæɾbɑjˈd͡ʒɑn ɾespublikɑˈsɯ]), is 'n landingeslote land in Suidwes-Asië in die Kaukasusberge. Dit is die beduidendste land in die suidelike Kaukasus-streek van Eurasië. Azerbeidjan word begrens deur die Kaspiese See in die ooste, Rusland in die noorde, Georgië in die noordweste, Armenië en Turkye deur die Naxçıvan-eksklawe van Azerbeidjan in die weste en Iran in die suide. Die land, wat in 1920 met geweld by die Sowjetunie ingelyf is, het sy onafhanklikheid in 1991 met die verbrokkeling van dié staat herwin.[6]

Azerbeidjan se historiese en kulturele erfenis strek so ver terug as die begin van die menslike beskawing. Die land is een van 'n reeks gebiede op aarde waarna as die "wieg van die mensdom" verwys word en lê in die hartland van 'n aantal antieke beskawings. Tans is Azerbeidjan een van ses onafhanklike state met Turkssprekende bevolkings, 'n lidstaat van die Turkse Raad en TÜRKSOY, 'n internasionale organisasie met sy hoofkwartier in Ankara wat die gemeenskaplike administrasie van Turkse kultuur en kunste behartig.

Die land, wat homself beskou as regsopvolger van die eerste demokratiese en sekulêre Islamitiese staat op aarde, die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan, is steeds een van die mees progressiewe en sekulêre samelewings in die Islamitiese kultuurkring. Sy vooruitstrewende ekonomie is aan die land se olie- en gasrykdomme te danke, ten spyte van 'n bloedige oorlog met Armenië oor die Nagorno-Karabach-streek.[6]

'n Poëtiese bynaam van Azerbeidjan is "Land van Vlamme" of "Land van Vuur", 'n verwysing na die brandende aardgasbronne wat in antieke tye as die "Heilige Vuur van Bakoe" vereer is, maar ook na die land se verlede as een van die sentrums van die Zoroastrisme, die voor-Islamitiese godsdiens van Persië met sy kenmerkende vuurtempels. Veral in landelike gebiede is die Islamitiese godsdiens deurweef met elemente uit antieke kultusse.[7]

  1. (en) LaPorte, Jody (2016). "Semi-presidentialism in Azerbaijan". In Elgie, Robert; Moestrup, Sophia (reds.). Semi-Presidentialism in the Caucasus and Central Asia. Londen: Palgrave Macmillan (published 15 Mei 2016). pp. 91–117. doi:10.1057/978-1-137-38781-3_4. ISBN 978-1-137-38780-6. LCCN 2016939393. OCLC 6039791976. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. (en) "Azerbaijan". Central Intelligence Agency. Besoek op 1 Februarie 2024.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Azerbaijan". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 1 Februarie 2024.
  4. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 1 Februarie 2024.
  5. (en) "Gini index – Azerbaijan". Wêreldbank. Besoek op 1 Februarie 2024.
  6. 6,0 6,1 (af) HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  7. (de) Philine von Oppeln en Gerald Hübner: Aserbaidschan. Unterwegs im Land der Feuer. Berlyn: Trescher 2009, bl. 29

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search