Broenei

Nasie Broenei, blyplek van Vrede
  • Nation of Brunei, Abode of Peace  (Engels)
  • Negara Brunei Darussalam  (Maleis)
Vlag van Broenei Embleem van Broenei
Vlag Embleem
Nasionale leuse: الدائمون المحسنون بالهدى
Sentiasa membuat kebajikan dengan petunjuk Allah
(Maleis vir: "Altyd in diens met God se leiding")
Volkslied: Allah Peliharakan Sultan
(Maleis vir: "God seën die Sultan")
Ligging van Broenei
Hoofstad Bandar Seri Begawan

4°54′N 114°57′O / 4.900°N 114.950°O / 4.900; 114.950

Grootste stad Bandar Seri Begawan
Amptelike tale Maleis en Engels
Regering

Sultan
• Kroonprins
Unitêre Islamitiese
absolute monargie
Hassanal Bolkiah
Al-Muhtadee Billah
Onafhanklikheid
Vorming
• Sultanaat
• Broeneise ryk
• Britse protektoraat
• Japanse besetting
• Onafhanklikheid van die
Verenigde Koninkryk


ca. 1368
15de–19de eeu
17 September 1888
1941–1945

1 Januarie 1984
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
5 765 km2  (164ste)
2 226 myl2
8,6
Bevolking
 - 2017-skatting
 - Digtheid
 
417 200[1] (175ste)
72,11 / km2 (134ste)
186,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$38,043 miljard[2]
$86 480[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$15,203 miljard[2]
$34 559[2]

MOI (2017) 0,853[3] (39ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Dollar (BND)
Tydsone
 - Somertyd
BDT (UTC+8)
nie toegepas nie (UTC+8)
Internet-TLD .bn[4]
Skakelkode +673a
a. +080 vanaf Oos-Maleisië.

Broenei (Engels: Brunei, [bruːˈnaɪ], ; Maleis: Brunei), amptelik die Nasie Broenei, blyplek van Vrede (Engels: Nation of Brunei, the Abode of Peace;[5] Maleis: Negara Brunei Darussalam; Jawi: نڬارا بروني دارالسلام), is 'n soewereine staat ('n sultanaat) geleë aan die noordkus van Borneo-eiland in Suidoos-Asië net noord van die ewenaar. Broenei beslaan 'n oppervlakte van 5 765 km² en het 'n bevolking van 417 200 in 2017 gehad. Die land grens in die suide aan die Maleisiese deelstaat Sarawak en die Suid-Chinese See in die noorde.

Nasa-Satellietbeeld van Broenei

Omtrent 1368 is die Sultanaat Broenei gestig en dit het onder sultan Bolkiah (1485–1528) sy hoogtepunt bereik en die grootste deel van Borneo, asook die Sulu-eilande van Filippyne tot by die hedendaagse Manila oorheers. Tydens die 19de eeu het die Broeneise ryk begin krimp. Die Sultanaat het Sarawak (Kuching) aan James Brooke afgestaan en hom as "wit rajah" aangestel; Sabah is aan die Britse Noord-Borneo Geoktrooieerde Maatskappy oorgedra. 1888 het Broenei 'n Britse protektoraat geword en het in 1906 'n Britse inwoner as koloniale bestuurder aangewys. Broenei het op 1 Januarie 1984 van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword en is sedertdien 'n unitêre Islamitiese absolute monargie binne die Britse Statebond met 'n eie monarg (sultan en Yang di-Pertuan) as staatshoof. Broenei is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier is eSwatini, Lesotho, Maleisië en Tonga).

Dit is ’n ryk olieproduserende land en 'n lidland van die ASEAN. Die heerser, Hassanal Bolkiah, die Sultan van Broenei, is een van die rykste mense ter wêreld.[6]

  1. (en) "National Statistics". depd.gov.bn. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2016. Besoek op 1 Julie 2015.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Brunei Darussalam". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 6 Maart 2019.
  3. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 6 Maart 2019.
  4. (en) Brunei Sultan Haji Hassanal Bolkiah Mu'izzaddin Waddaulah Handbook. IBP USA. 2011. p. 10. ISBN 978-1-4330-0444-5. Besoek op 9 Augustus 2014.[dooie skakel]
  5. (en) Peter Haggett. Encyclopedia of World Geography, Volume 1. 2001: Marshall Cavendish. p. 2913.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  6. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search