Cecil B. DeMille-prys

  Cecil B. DeMille-prys 

Cecil B. DeMille in 1914
Cecil B. DeMille in 1914
Toegeken vir "Uitmuntende bydrae tot die wêreld van vermaak" (Ere-Golden Globe)
Borg Hollywood Foreign Press Association
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Datum Jaarliks in Januarie
Eerste toekenning 21 Februarie 1952 (1952-02-21)
Webtuiste goldenglobes.com

Die Cecil B. DeMille-prys is ’n ere-Golden Globe wat deur die Hollywood Foreign Press Association toegeken word vir "uitnemende bydraes tot die vermaakwêreld". Dit is die eerste keer op 21 Februarie 1952, op die 9de Golden Globe-toekenningsaand, toegeken en is later genoem na die eerste ontvanger, die regisseur Cecil B. DeMille. Dit word jaarliks toegeken (behalwe in 1976 en 2008).

Die eerste vrou wat dit ontvang het, was Judy Garland in 1962 wat op 39-jarige ouderdom ook die jongste ontvanger nog is. Samuel Goldwyn was in 1973 op 93 die oudste.[1] Die eerste Afro-Amerikaner wat dit gekry het, was Sidney Poitier in 1982.

  1. "The Cecil B. DeMille Award". GoldenGlobes.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 9 Oktober 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search