Filippynse See

Filippynse See

Wolke oor die Filippynse See, soos gesien vanaf die Internasionale Ruimtestasie

Kaart van die Filippynse See
Koördinate:20°N 130°O / 20°N 130°O / 20; 130Koördinate: 20°N 130°O / 20°N 130°O / 20; 130
Ligging:Japan, Palau, Filippyne, Republiek China, Noordelike Mariana-eilande en Guam
Soort:See van die Stille Oseaan
Oppervlakte:5 000 000 km² (2 000 000 myl²)
Maksimum diepte:10 540 m (3 212 vt)
Eiland/e:Japanse Argipel, Ryukyu-eilande, Kioesjoe, Honsjoe, Sjikokoe, Palau, Taiwan, Filippyne, Noordelike Mariana-eilande, Guam
Nedersettings:Hagåtña (Guam)
Koror (Palau)
Saipan (Noordelike Mariana-eilande)
Ligging van die Filippynse See

Die Filippynse See (Engels: Philippine Sea, Japannees: フィリピン海, Chinees: 菲律宾海, Tagalog: Dagat Pilipinas) is 'n see van die Stille Oseaan tussen die Japanse eilande Ryukyu, Kioesjoe, Honsjoe en Sjikokoe in die noorde, Palau in die suide, Taiwan en die Filippynse eilande Luzon, Mindanao en Visayas in die weste, die Noordelike Mariana-eilande en Guam in die ooste. Die Filippynse See grens aan die Oos-Chinese See in die noordweste, die Suid-Chinese See in die weste en Celebessee in die suidweste.

Die Filippynse See is een van die diepste seë ter wêreld met die Filippynse trog wat 'n diepte van 11 034 m bereik.[1] Die see het 'n oppervlakte van ongeveer 5 miljoen km².

  1. "Philippine Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op 31 Julie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search