Gaston Bachelard

Gaston Bachelard
Gaston Bachelard in 1965

Gebore (1884-06-27)27 Junie 1884
Bar-sur-Aube, Frankryk
Oorlede 16 Oktober 1962 (op 78)
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Frankryk
Vakgebied Estetika, politieke filosofie
Instelling(s) Universiteit van Dijon[1]
Universiteit van Parys
Alma mater Universiteit van Parys
(B.A., 1920; D.-ès-Lettres, 1927)[2]
Bekend vir Historiese epistemologie, konstruktivistiese epistemologie, geskiedenis en filosofie van die wetenskap, kunsfilosofie, psigoanalise, literêre teorie, opvoeding
Beïnvloed deur Émile Meyerson, Auguste Comte, Abel Rey, Léon Brunschvicg,[3] Carl Jung[4]
Invloed op Alexandre Koyré, Georges Canguilhem, Michel Foucault, Louis Althusser, Dominique Lecourt, François Dagognet, Nader El-Bizri, Rogelio Salmona, Don Ihde, Cornelius Castoriadis,[5] Michel Serres,[6] Jules Vuillemin

Gaston Bachelard (Bar-sur-Aube, 24 Junie 1884Parys, 16 Oktober 1962) was 'n Franse filosoof en skrywer. Hy was hoofsaaklik besig met wetenskapsfilosofie en poësie. Bachelard het eers later in die lewe intensief gefokus op die filosofie. Sy eerste werke fokus hoofsaaklik op wetenskaplike-filosofiese kwessies en die filosofiese gevolge van wetenskaplike innovasies aan die begin van die 20ste eeu, soos die relatiwiteitsteorie. Die bekendste werke wat hieruit voortspruit, was Le nouvel esprit scientifique (1934) en La formation de l'esprit scientifique (1938). 'n Sentrale voorstel van Bachelard is dat wetenskaplike vordering bereik word deur van die menslike verbeelding af los te kom. Allerdaagse mymeringe en metafore speel die rol van 'n epistemologiese hindernis (obstacle épistémologique). In daardie sin het hy sy eie werk as 'n psigoanalise van die objektiewe kennis getipeer.

In die begin van die 1940's, het Bachelard ook belang gestel in die analise van menslike verbeelding as 'n alleenstaande verskynsel, eerder as bloot 'n struikelblok vir wetenskaplike vooruitgang. Die bekendste werk waarin dit na vore kom, is La poetique de l'espace (1957), wat fokus op verbeelding rondom ruimte en tuisheid. Verder het Bachelard hoofsaaklik gefokus op die vier primêre elemente (vuur, lug, water, aarde) waaroor hy verskeie studies geskryf het. Die digterlike verbeelding kan volgens Bachelard altyd gekoppel word aan een of meer van hierdie primêre elemente, wat vir hom argetipes was. Ook in hierdie tydperk lewer hy ook nog filosofie studies.

  1. Routledge Encyclopedia of Philosophy (1998): "Bachelard, Gaston (1884–1962)".
  2. Cristina Chimisso, Gaston Bachelard: Critic of Science and the Imagination, Routledge, 2013, bl. 51.
  3. Joseph W. Dauben and Christoph J. Scriba (eds.), Writing the History of Mathematics – Its Historical Development, 2002, bl. 33.
  4. Eileen Rizo-Patron, Edward S. Casey, Jason M. Wirth (eds.), Adventures in Phenomenology: Gaston Bachelard, SUNY Press, 2017, bl. 123 n. 11.
  5. François Dosse. Castoriadis. Une vie. Paris: La Découverte, 2014, bl. 43–4.
  6. Michel Serres, "La réforme et les sept péchés," L'Arc, 42, Bachelard special issue (1970).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search