Heilige

Die heilige Walburga met stralekrans

Heilige[1] is 'n titel wat in die Christendom toegeken word aan oorlede persone wat besonder regskape en gelowig gelewe het. In die geloofsbelydenis van Nicea word die hele Christendom as die "gemeenskap van die heiliges" aangedui.[2] Die belang wat aan heiliges geheg word verskil baie tussen die verskillende kerkgenootskappe. In die kuns word heiliges dikwels afgebeeld met 'n stralekrans om hulle kop.

  1. Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Sollier, J. (1908). The Communion of Saints. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek 26 September, 2014 by New Advent [1]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search