Lemba

Lemba

Totale bevolking: 70 000+
Belangrike bevolkings  in: Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika
Taal: Engels, Portugees, Shona en Venda
Geloofsoortuiging: Christendom, Islam en Judaïsme
Verwante etniese groepe: Bantoevolke en Arabiere

Die Sena, Lemba, Remba, or Mwenye[1] is 'n etniese groep wat inheems is aan Suid-Afrika, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe, wie van gemengde Bantoe en Jemeni afkoms is. Binne Suid-Afrika is hulle veral gekonsentreer in die Limpopo en Mpumalanga provinsies.

Die woord 'Lemba' het 'n tweeledige betekenis: om reinheid te handhaaf en handel na hul mense te bring. Hierdie omskrywing is kenmerkend van die BaLemba, wat ou Joodse tradisies en gebruike beoefen.

Die BaLemba van Suider-Afrika beskou hulle as die ware afstammelinge van koning Salomo. Net soos Jode elders, pas hulle besnydenis toe, hul diere word op die kosjermanier geslag en hulle eet nie varkvleis nie; hul vlag het 'n Ster van Dawid en die Olifant van Juda op en hulle begrawe hul dooies ooreenkomstig Joodse tradisies. Hulle beskou ook die eerste dag van die nuwe maan as heilig en skeer hul hare om dit te gedenk.

  1. le Roux, Magdel (1997). "AFRICAN" JEWS" FOR JESUS A preliminary investigation into the Semitic origins and missionary initiatives of some Lemba communities in southern Africa". Missionalia. Vol. 25. pp. 493–510.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search