Metaal

Gloeiende, warm metaal.

'n Metaal is 'n materiaal wat, as dit vars voorberei, gepoleer of gebreek is, 'n glansryke voorkoms het. Dit is 'n goeie geleier van elektrisiteit en hitte. Metale is gewoonlik smeebaar (dit kan in dun velle gehamer word) of rekbaar (kan in drade getrek word). 'n Metaal kan 'n chemiese element soos yster wees; 'n legering soos vlekvrye staal; of 'n molekulêre verbinding soos polimeer swawelnitrid.

In die vorm van 'n chemiese element, kom dit voor uit een van die volgende reekse in die periodieke tabel van die elemente:

In die periodieke tabel bevind hierdie element hulself links van die semi-metale, of metalloïde. Die metalloïde is op 'n diagonale geleë, van boor (B) tot polonium (Po).

Enkele algemeen bekende metaalsoorte is: yster, aluminium, koper, chroom, nikkel, lood, sink, tin, goud en silwer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search