Millimeter

Voorstelling van 'n liniaal met millimeter- en sentimetermerke
Dwarssnit van 'n plantstingel met 'n deursnee van 4 mm. Die plantselle is duidelik sigbaar. Die spesie is Ginkgo biloba.

'n Millimeter (simbool: mm) is 'n lengtemaat wat van die SI-basiseenheid vir lengte, die meter afgelei is. 'n Millimeter is die grootte van een duisendste deel van 'n meter. Die voorvoegsel milli is van die Latynse woord vir duisend afgelei.

'n Millimeter is gelyk aan 1 000 mikrometer en 1 000 000 nanometer. Daar is 25,4 mm in een duim.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search