Nobelprys vir Letterkunde

  Nobelprys vir Letterkunde 

Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Toegeken vir Uitstaande bydraes vir die mensdom in letterkunde
Borg Sweedse Akademie
Land Vlag van Swede Swede
Datum 10 Desember
Eerste toekenning 10 Desember 1901 (1901-12-10)
Webtuiste nobelprize.org

Die Nobelprys vir Letterkunde (Sweeds: Nobelpriset i litteratur) is ’n jaarlikse prys wat deur die Sweedse Akademie toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van letterkunde gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisika, fisiologie of geneeskunde en vrede.

Hoofgebou van die Sweedse Akademie in Stockholm

Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Letterkunde tradisioneel vierde en op 'n Donderdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2023 is die prys aan altesaam 120 individue toegeken.[2] Nog 17 vroue het dit gekry.[3]

Toe die 1958-Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken is, is die Russiesgebore Boris Pasternak onder druk van die regering van die Sowjetunie gedwing om die toekenning in die openbaar te verwerp. In 1964 het die Franse Jean-Paul Sartre bekendgemaak dat hy die Nobelprys vir Letterkunde nie wou aanvaar nie,[4] aangesien hy al die amptelike eerbewyse in die verlede konsekwent geweier het.[5] Die Nobelpryskomitee erken egter nie weiering nie, en sluit Pasternak en Sartre in sy lys van Nobelpryswenners in.[6]

Die 2023-Nobelprys vir Letterkunde is toegeken aan Jon Fosse "vir sy vernuwende dramas en prosa wat 'n stem gee aan die onsêbare".[7]

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[8] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Letterkunde vanaf 1901 tot op hede. In 1914, 1918, 1935 en 1940–1943 is die prys nie toegeken nie; die toekennings van 1915, 1919, 1925–1927, 1936, 1949 en 2018 is in die volgende jaar toegeken.


1900's1910's1920's1930's1940's1950's1960's1970's1980's1990's2000's2010's2020'sVroueNooit dié prys ontvang nie

  1. (en) "Nomination and selection of Literature Laureates". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 5 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 5 Oktober 2023.
  2. (en) "All Nobel Prizes in Literature". Nobelprize.org. Nobel Media AB. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 5 Oktober 2023.
  3. (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 5 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 5 Oktober 2023.
  4. (en) Flood, Alison (5 Januarie 2015). "Jean-Paul Sartre rejected Nobel prize in a letter to jury that arrived too late". The Guardian. ISSN 0261-3077. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2019. Besoek op 5 Oktober 2023.
  5. (en) "Nobel Prize Facts". Nobel Media AB. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2020. Besoek op 5 Oktober 2023.
  6. (en) "Bob Dylan removes mention of Nobel prize from website". The Guardian. 21 Oktober 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 5 Oktober 2023.
  7. (en) "The Nobel Prize in Literature 2023". Nobelprize.org. Besoek op 5 Oktober 2023.
  8. (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 5 Oktober 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search