Sjia

Lande met ’n Moslemgemeenskap van meer as 5%.[1]

   Soenni

   Sjia

   Ibadi

Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke
Die investituur, of beëdiging, van Ali as kalief ná Mohammed se dood (illustrasie in Die Oorblywende Tekens van Vergange Eeue, deur Al-Biroeni.
Die naam van Ali ibn Abi Talib.

Sjia (Arabies: شيعة Shīʿah, van Shīʿatu ʿAlī, "aanhanger van Ali") is ’n tak van Islam wat glo die profeet Mohammed het Ali ibn Abi Talib aangewys as sy opvolger en die imam (leier) ná hom,[2] maar dat hy die reg om kalief te wees ontsê is omdat sommige van Mohammed se volgelinge ná die profeet se dood bymekaargekom en trou aan Aboe Bakr gesweer het. Hierdie siening bots met dié van die Soenni, wie se volgelinge glo Mohammed het nie ’n opvolger aangewys nie; hulle beskou Aboe Bakr as die eerste regmatige kalief ná die profeet.[3]

Anders as die eerste drie Rasjidoen-kaliefs, was Ali van dieselfde clan as Mohammed, Banu Hashim.[4]

Aanhangers van Sjia is bekend as Sjias of Sjiiete[5] (voorheen Sjiïete). Sjia is die tweede grootste tak van Islam: In 2009 het Sjiiete 10-20%[6] van die wêreld se Moslembevolking uitgemaak.[7] Die Twaalfers (Ithnā'ashariyyah) is die grootste tak van Sjia,[8] met ramings in 2012 wat aandui 85% van Sjiiete is Twaalfers.[9]

Sjia is gebaseer op die Koran, die boodskap van Mohammed soos saamgevat in die hadit en op hadit wat deur hul imams onderrig word.[10][11] Sjia glo Ali is Mohammed se goddelik aangewese opvolger en die eerste imam. Hulle brei ook hierdie imamleerstelling uit na Mohammed se familie, die Ahl al-Bayt ("familie van die huis"),[12] en sommige individue onder sy afstammelinge bekend as die "imams", wat volgens hulle spesiale sprituele en politieke gesag oor die gemeenskap het, asook onfeilbaarheid en ander goddelik bepaalde eienskappe.[13]

Hoewel daar baie subgroepe is, word moderne Sjia in drie hoofgroepe ingedeel: die Twaalfers, Ismaili's en Zaidi's; die Twaalfers is die grootste en invloedrykste groep.[14][15][16]

  1. Die bron vir verspreiding is die CIA World Factbook. Sjiitiese/Soennitiese verspreding kom uit ander bronne. Sjiiete kan onderverteenwoordig wees in sommige lande waar hulle nie in die amptelike statistieke verskyn nie.
  2. Olawuyi, Toyib (2014). On the Khilafah of Ali over Abu Bakr. p. 3. ISBN 978-1-4928-5884-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2016.
  3. "The Shura Principle in Islam, deur Sadek Sulaiman". www.alhewar.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2016.
  4. Triana, María (31 Maart 2017). Managing Diversity in Organizations: A Global Perspective (in Engels). Taylor & Francis. p. 159. ISBN 978-1-317-42368-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2017.
  5. "Sjia" in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig).
  6. shafaqna.com Shia's population, besoek op 18 September 2018
  7. "Mapping the Global Muslim Population" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 10 Desember 2014.
  8. Newman, Andrew J. (2013). "Introduction". Twelver Shiism: Unity and Diversity in the Life of Islam, 632 to 1722. Edinburgh University Press. p. 2. ISBN 978-0-7486-7833-4. {{cite book}}: Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)
  9. Guidère, Mathieu (2012). Historical Dictionary of Islamic Fundamentalism. Scarecrow Press. p. 319. ISBN 978-0-8108-7965-2.
  10. Esposito, John. "What Everyone Needs to Know about Islam". Oxford University Press, 2002 | ISBN 978-0-19-515713-0. p. 40
  11. "From the article on Shii Islam in Oxford Islamic Studies Online". Oxfordislamicstudies.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2012. Besoek op 4 Mei 2011.
  12. "Ahl al- Bayt". Encyclopaedia of Islam (2de). (2012). Brill. DOI:10.1163/1573-3912_islam_SIM_0378. 
  13. "Lesson 13: Imam's Traits". Al-Islam.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019.
  14. Tabataba'i (1979), p. 76
  15. God's rule: the politics of world religions, p. 146, Jacob Neusner, 2003
  16. Esposito, John. What Everyone Needs to Know about Islam, Oxford University Press, 2002. ISBN 978-0-19-515713-0. p.40

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search