'n Springstof of plofstof is 'n substansie wat oor aansienlike opgebergde energie beskik, wat 'n ontploffing kan lewer, naamlik 'n skielike uitsetting van die materiaal weens ontbranding. Dit gaan gewoonlik gepaard met die vrystelling van lig, hitte, klank, en aanvanklik met toenemende druk. 'n Springstoflading is 'n afgeweegde hoeveelheid van sodanige substansie.
Die energie wat in die springstof vervat is, kan bestaan uit
Springstowwe kan in kategorieë verdeel word na gelang van die uitsettingstempo. Materiale wat detoneer (d.w.s. ontplof vinniger as die skokgolf of spoed van klank) word aangedui as plofbaar en substansies wat deflagreer word aangedui as ontvlambaar. Springstowwe kan verder onderverdeel word na gelang van hul sensitiwiteite. Sensitiewe substansies wat deur relatief min hitte of druk ontsteek kan word, staan bekend as primêre springstowwe en dié wat relatief onsensitief is, staan bekend as sekondêre springstowwe.
Die beginsel van 'n ontploffing is baie eenvoudig. Dit is gebaseer op die snelle en dramatiese uitsetting van gas. 'n Plofstof is 'n stof wat 'n skielike en baie hoë druk op sy omgewing kan uitoefen deur die blitssnelle omskepping van die stof tot 'n warm gas. Op die oomblik van die ontploffing neem die gas nog dieselfde ruimte in beslag as die plofstof, maar die hitte van die ontploffing laat dit uitsit. Die druk raak te groot vir die houer waarin die gas is, en dit skiet uitmekaar.
Hoekom moet ons juis plofstof gebruik? Hoekom dan nie sommer enige ding wat kan brand nie? Plofstowwe het die unieke eienskap dat hulle teen 'n geweldige snelheid brand. Wanneer hulle in 'n beperkte ruimte verkeer, moet die gasse wat deur die ontbranding veroorsaak word, eenvoudig uitbars. Twee van die belangrikste eienskappe van plofstowwe is:
As ons hierdie eienskappe in syfers uitdruk, kan ons 'n idee vorm van die snelheid en omvang van ontploffings. Wanneer 'n plofstof ontbrand, kan die temperatuur van die gasse wat veroorsaak word, tot 6 000 °C styg (en dit is vyf keer so veel as die temperatuur waarby yster smelt). Die gasse sit sodoende teen 'n geweldige tempo uit, tot 10 000 keer hul oorspronklike volume op die oomblik van ontbranding. Iets moet dus padgee. Wanneer plofstof in steengroewe gebruik word, word gate in die rots geboor en die plofstof daarin geplaas. In hierdie geval moet die rots dus padgee. Wanneer plofstof as aandrywingsmiddel gebruik word, gee die koeël, projektiel of vuurpyl pad deur vorentoe of boontoe te beweeg.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search