Staatsgreep

Napoleon Bonaparte tydens die staatsgreep van 18 Brumaire VIII (10 November 1799)

'n Staatsgreep (Frans: coup d'état, [ku.de.ta], ) is 'n snelle politieke handeling waarby 'n persoon of groep persone op 'n nie-reëlmatige wyse mag oor 'n land verkry.[1] Staatsgrepe is meestal gewelddadig, maar kan ook sonder enige geweld plaasvind.

'n Staatsgreep is suksesvol wanneer die vergryper vir minstens sewe dae beheer van 'n land oorgeneem het.[1]

Staatsgrepe word deur 'n relatief klein aantal mense uitgevoer. As groot getalle mense betrokke is, word dit as 'n rewolusie beskou. Selfs 'n enkele persoon kan 'n staatsgreep uitvoer as hy of sy, as voorbeeld, beheer oor 'n land se weermag verkry.

Staatsgrepe kan ook deur ander lande uitgevoer word, soos die Irannese staatsgreep van 1953, waar die land se eerste minister deur die Amerikaanse Central Intelligence Agency en die Britse MI6 ontsetel is.

'n Bekende staatsgreep was die biersaal-staatsgreep van 8/9 November 1923 in München, waar Adolf Hitler probeer het om die regering van die deelstaat Beiere in Duitsland oor te neem. Die staatsgreep het egter misluk en Hitler is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf, maar weens goeie gedrag ses maande later vrygestel. Tydens hierdie vestingstraf het Adolf Hitler sy bekende Mein Kampf geskryf.

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :0

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search