Straat van Hormuz

Straat van Hormuz

Nasa-Satellietbeeld van die Straat van Hormuz

Ligging van die Straat van Hormuz
Koördinate:26°34′N 56°15′O / 26.567°N 56.250°O / 26.567; 56.250
Ligging:Iran, Oman, Verenigde Arabiese Emirate
Soort:Seestraat van die Indiese Oseaan
Breedte:55 km (30 myl)
Invloei:Persiese Golf
Uitvloei:Golf van Oman
Eiland/e:Hormuz
Nedersettings:Bandar Abbas

Die Straat van Hormuz (Arabies: مَضيق هُرمُز, Maḍīq Hurmuz; Persies: تنگه هرمز, Tangehyyeh Hormoz, ) is 'n seestraat wat die Persiese Golf in die weste met die Golf van Oman in die ooste verbind en Iran in die noorde van die Arabiese Skiereiland in die suide skei. Aangrensende lande is Iran in die noorde asook die Verenigde Arabiese Emirate en Oman se eksklawe Musandam in die suide. Die seestraat se nouste punt is sowat 55 km wyd.

Kaart van die Straat van Hormuz

Die Straat van Hormuz is van groot strategiese belang omdat hier 25% van die wêreld se ruolie vervoer word, die belangrike ruolie-lande Saoedi-Arabië, Iran, Irak en Koeweit se hawens kan net oor hierdie golf bereik word.[1]

Op 3 Julie 1988 is die Iran Air-vlug 655 deur die Amerikaanse oorlogskip USS Vincennes oor die Straat van Hormuz afgeskiet, waarby al 274 passasiers en 16 bemanningslede dood is. Die USS Vincennes se bemanning het die Airbus A300 valslik as 'n vyandelike F-14 Tomcat geïdentifiseer wat besig was om die skip aan te val.

  1. Alejandra Roman & Administration. "Strait of Hormuz" (in Engels). The Encyclopedia of Earth. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2016. Besoek op 5 Junie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search