Taag

Taag
Die Taag in Toledo, Spanje.
Die Taag in Toledo, Spanje.
Die Taag in Toledo, Spanje.

Die stroomgebied van die Taag.

Oorsprong Montes Universales, Sierra de Albarracín Comarca, Teruel, Aragón, Spanje
Monding Lissabon, Portugal
Atlantiese Oseaan
Stroomgebied Spanje en Portugal
Lengte 1 007 km (626 myl)
Oorspronghoogte 1 593 m (5 226 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 500 m³/s (18 000 vt/s³)
Stroomgebiedopp. 80 100 km² (30 900 myl²)
Kaart van die Taag-bekken op die Iberiese Skiereiland.
Kaart van die Taag-bekken op die Iberiese Skiereiland.

Die Taag (Portugees: Tejo, [ˈtɛʒu]; Spaans: Tajo, [ˈtaxo]; Latyn: Tagus) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Spanje en Portugal. Die rivier, met 'n lengte van 1 007 km, is die langste rivier op die Iberiese Skiereiland.

Die Taag in die Portugese hoofstad Lissabon

Die Taag ontspring in die Montes Universales, Sierra de Albarracín Comarca van die outonome gewes Aragón in Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidwestelike rigting en mond by Lissabon in die Atlantiese Oseaan uit. Die Taag vloei onder ander deur die Spaanse outonome geweste Aragón, Kastilië-La Mancha en Extremadura. Die vernaamste stede aan die Taag se rivierloop is die voormalige Spaanse hoofstad Toledo en die Portugese hoofstad Lissabon. Die Spaanse hoofstad Madrid is sowat 40 km noord van die Taag geleë.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search