Transkei

Transkei
Republic of Transkei
iRiphabliki yeTranskei

1976 – 1994
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: iMbumba yaManyama
Xhosa vir Eendrag Maak Mag
Volkslied: Nkosi Sikelel' iAfrika
Xhosa vir God seën Afrika
Ligging of Transkei
Ligging of Transkei
Ligging van Transkei in Suid-Afrika
Hoofstad Mthatha (voorheen Umtata)
Taal/Tale Xhosa (amptelik)
-Suid-Sotho en Engelse vertalings verlang om wette te proklameer
Afrikaans toegelaat in administrasie en wetgewer
Regering Republiek
President Kaiser Matanzima (1976–1987)
Bantu Holomisa (1987–1994)
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Apartheid
 - Stigting 26 Oktober 1976
 - Weer ingelyf in Suid-Afrika 27 April 1994
Oppervlakte
 - 1994 45 000 km2
17 375 sq mi
Bevolking
 - 1994 skatting 2 400 000 
     Digtheid 53,3 /km² 
138,1 /sq mi
Geldeenheid Suid-Afrikaanse Rand

Die voormalige Transkei was die eerste en grootste van die voormalige onafhanklike Swart tuislande (Bantoestans), wat onder die bewind van die Nasionale Party geskep is, met 'n oppervlak van 38 712 vierkante kilometer en 3,2 miljoen inwoners. Die gebied is sedert die 15de eeu die historiese tuisland van die Xhosa- en Pondo-stamme, en in 1989 het naastenby die helfte van die Xhosas in Suid-Afrika in die Transkei gewoon.

Transkei het uit die gebiede Fingoland, Tembuland, Griekwaland-Oos, Pondoland en Galekaland bestaan. Die hoofstad was Umtata (die huidige Mthatha), wat in 1879 gestig is, met sowat 50 000 inwoners, en die enigste seehawe Port St. Johns.

Die gebied staan bekend vir sy verruklike natuurtonele, veral langs die Wildekus, 'n subtropiese kusstreek met 'n lengte van sowat 280 kilometer. Oud-president Nelson Mandela was 'n boorling van Mvezo, 'n dorpie in Transkei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search