Universiteit van Suid-Afrika

Universiteit van Suid-Afrika
Die Universiteit van Suid-Afrika

Leuse:Pro Gentibus Sapientia[1]
Leuse in Afrikaans:(Kennis) In diens van die mensdom
Gestig:26 Junie 1873
Tipe:Openbare universiteit met afstandsonderrig
Kanselier:Thabo Mbeki
Personeel:5 762 (2017) [2]
Studentetal:381 484 (2017)[3]
Ligging:Pretoria, Gauteng
25°46′02″S 28°11′58″O / 25.76722°S 28.19944°O / -25.76722; 28.19944
Kleure:               Oranje, rooi en blou
Webtuiste:unisa.ac.za


Die Universiteit van Suid-Afrika is 'n universiteit in Pretoria, Gauteng, wat deur afstandsonderrig opleiding aan studente binne en buite Suid-Afrika verskaf. Die universiteit staan ook bekend as Unisa (Universiteit van Suid-Afrika). Dit was die eerste universiteit ter wêreld wat opleiding deur middel van korrespondensie verskaf het. In Desember 2017 het die universiteit 381 484 ingeskrewe studente vanoor die hele wêreld gehad, wat beteken dat hy die grootste universiteit in Afrika is en ook een van die wêreld se mega-universiteite. Volgens 'n peiling in 2010, was Unisa die agtste beste universiteit in Suid-Afrika, en die 1290e in die wêreld.[4]

  1. http://lsa.unisa.ac.za/news/archive/april/vol1/thenew.html
  2. https://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/About/Facts-&-figures/Staff-statistics
  3. https://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/About/Facts-&-figures/Student-enrolments
  4. "Top Africa". Ranking Web of World Universities. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2012. Besoek op 26 Februarie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search