Wellington, Nieu-Seeland

Hierdie artikel handel oor die hoofstad van Nieu-Seeland. Vir plekke elders met dieselfde naam, sien die dubbelsinnigheidsblad by Wellington.
Wellington
Te Whanga-nui-a-Tara
Panorama von Wellington
Panorama von Wellington
Ligging
Wapen
Algemene feite
Stigting: 1839
Inwoners: 389 700[1] (Junie 2010)
Oppervlakte: 444 km²
Bevolkingsdigtheid: 877,7 Inwoners/km²
Gemiddelde inkomste: NZ$ 23.900 (2001)
Geografiese ligging: 41°17′S 174°46′O / 41.283°S 174.767°O / -41.283; 174.767
Amptelike webwerf: wellingtonnz.com
Administratiewe verdeling
Land: Nieu-Seeland
Streek: Greater Wellington
Distrikte:
  • Wellington City
  • Porirua
  • Upper Hutt
  • Lower Hutt

Wellington (Māori: Te Whanga-nui-a-Tara) is die hoofstad van Nieu-Seeland en is die tweede grootste stedelike gebied in die land asook die mees bevolkte nasionale hoofstad in Oseanië en die mees suidelike ter wêreld. Die stad is geleë in die Wellington-streek aan die suidelike punt van die Noordeiland, naby die geografiese middelpunt van die land.

Soos baie ander stede, strek die gebied wat die stad in beslag neem verder as die grense van die plaaslike munisipaliteit. Greater Wellington of die Wellington-streek word gebruik om na die hele stedelike gebied te verwys, asook die landelike dele van die stad, die Kapiti-kus en verby die Rimutaka Range tot by Wairarapa.

  1. Statistics New Zealand: Subnational Population Estimates

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search