Beheerstelsel

Die sentrifugale reëlaar is 'n vroeë proporsionele beheermeganisme. 

'n Beheerstelsel beheer of reguleer die gedrag van ander toestelle of stelsels deur beheerlusse. Dit kan 'n eenvoudige stelsel wees soos wat 'n verhitter in 'n huis beheer met 'n termostaat tot 'n komplekse industriëele beheerstelsel wat gebruik word om masjiene of prosesse te beheer.

Vir deurlopende gemoduleerde beheer word 'n terugvoerbeheerder gebruik om die proses outomaties te beheer. Die beheerstelsel vergelyk die waarde van die prosesveranderlike (PV), wat beheer word, met die stelpunt, wat die gewensde uitset is, en gebruik dan die verskil om die uitset te verander sodat dit dieselfde kan wees as die stelpunt (SP).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search