ChatGPT

Logo van ChatGPT

ChatGPT (Generative Pre-trained Transformer[1]) is 'n kunsmatige intelligensie kletsbot wat in November 2022 deur OpenAI bekendgestel is. Dit is gebou bo-op OpenAI se GPT-3.5 en GPT4-families van groot taalmodelle, en is fyn ingestel wat toesig- en versterkingsleertegnieke betref.

ChatGPT antwoord op Afrikaans op die vraag oor die kletsbot se waarde vir die mensdom

ChatGPT is op 30 November 2022 as 'n prototipe bekendgestel en het vinnig aandag getrek vir sy gedetailleerde en goed geartikuleerde antwoorde oor baie kennisdomeine. Die ongelyke feitelike akkuraatheid daarvan is egter as 'n beduidende nadeel geïdentifiseer.[2] Na die vrystelling van ChatGPT, is OpenAI se waardasie op VS$29 miljard in 2023 geraam.[3] ChatGPT is oorspronklik in November 2022 vrygestel gebaseer op GPT-3.5; GPT-4, die nuutste OpenAI-model, is op 14 Maart 2023 vrygestel en is beskikbaar vir ChatGPT Plus-gebruikers. ChatGPT is ook in staat om in Afrikaans te kommunikeer (sien skermgreep).

  1. Roose, Kevin (5 Desember 2022). "The Brilliance and Weirdness of ChatGPT" (HTML) (in Engels (VSA)). New York Times. Besoek op 26 Desember 2022. Like those tools, ChatGPT — which stands for "generative pre-trained transformer" — landed with a splash.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  2. Vincent, James (5 Desember 2022). "AI-generated answers temporarily banned on coding Q&A site Stack Overflow" (HTML). The Verge (in Engels (VSA)). Besoek op 5 Desember 2022.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  3. Varanasi, Lakshmi (5 Januarie 2023). "ChatGPT creator OpenAI is in talks to sell shares in a tender offer that would double the startup's valuation to $29 billion". Insider. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2023. Besoek op 18 Januarie 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search