Homoseksualiteit

Gay mans en lesbiese vroue se gevoelens vir mekaar verskil nie van dié van heteroseksuele pare nie: romantiese samesyn van 'n gay paar.
Lesbiese romantiek.
Wetlike situasie vir selfdegeslag-paartjies
Homoseksualiteit wettig

   Selfdegeslaghuwelik

   Ander vorme van burgerlike verbintenisse

   Erkenning van (in die binne- of buiteland) gesluite selfdegeslaghuwelike

   Voorwaardelike erkenning van selfdegeslag-vennootskappe op 'n federale maar nie deelstatelike vlak nie

   Geen erkenning van selfdegeslag-vennootskappe nie

   Beperkings op die vryheid van uitdrukking

Homoseksualiteit onwettig

   De jure strafbaar, de facto geen vervolging nie

   Ernstige strawwe

   (Lewenslange) tronkstraf

   Doodstraf

Homoseksualiteit is die beskrywing van 'n persoon se seksuele oriëntasie of identiteit waar die seksuele aantrekking hoofsaaklik tot dieselfde geslag is. Die term "gay" word deur baie homoseksueles self verkies omdat 'n homoseksuele oriëntasie op meer as net die geslagsdaad dui, en ander aspekte van die mens met so 'n oriëntasie se lewe ook insluit. Naas homoseksualiteit staan heteroseksualiteit, waar die seksuele aantrekking tot die teenoorgestelde geslag is, en biseksualiteit, waar die aantrekking tot beide dieselfde as die teenoorgestelde geslag is, hoewel selde in presies dieselfde mate.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search