Kantoorpakket

LibreOffice Writer

'n Kantoorpakket is 'n paar rekenaarprogramme (of "sagteware") wat saam gebruik word om tipiese kantoorwerk te doen. 'n Basiese kantoorpakket bestaan uit 'n woordverwerker, sigblad, voorleggingsprogram en meer. LibreOffice, Microsoft Office, IBM Lotus Symphony, en SSuite Office is die algemeenste.

SSuite Office is ook die enigste kantoorpakket wat Afrikaans asook Engelse hulpgidse bevat. Die kantoorpakket is ook heeltemal gratis vir aflaai. Daar is geen beperkings met die installasie van die sagteware nie. Die sagtewaremaatskappy lewer ook alle ander tipes sagteware soos bv. kommunikasie, grafiese, asook video/spraaktelefoonskakelingsagteware.

Die basiese platform waarop SSuite Office se sagteware funksioneer is die Win32-argitektuur van Microsoft. Deur die Win32-argitektuur te gebruik, word alle bedryfstelsels van Microsoft Windows ondersteun. Dis ook die rede waarom hul sagteware as groen tegnologie bestempel word. Deur derdepartyplatforms soos bv. Java en .NET te vermy, kan meer werk verrig word sonder om meer elektrisiteit te gebruik. Daar is ook verskeie ander kantoorpakkette te kry vanaf hul webtuiste.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search