Kristallografie

Kristallografie is die wetenskap van kristalle, hul fases, vorme, simmetrieë en strukture.

Die meeste vaste stowwe is kristallyn en het 'n geordende kristalrooster, 'n reëlmatige struktuur met translasiesimmetrie wat dikwels ook rotasiesimmetrie besit. Hierdie simmetrie kan beskryf word met een van die 230 wiskundige ruimtegroepe. Daar bestaan ook vaste stowwe wat geen kristalrooster het nie. Hulle struktuur is nie reëlmatig gerangskik nie en hulle word amorfe vaste stowwe genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search