Kubernetika

Kubernetika
akademiese dissipline
Subklas vanstelselingenieursweseWysig
Onderdeel vanbeheerteorieWysig
Vernoem nanavigatorWysig
Voorafgegaan deurbeheerteorieWysig
Ontdek deurNorbert WienerWysig
Beoefen deurkubernetikusWysig
Stack Exchange-etikethttps://stackoverflow.com/tags/cyberneticsWysig

Kubernetika is die wetenskap van terugvoer siklusse; hoe inligting 'n stelsel help om homself te reguleer. Kubernetika ondersoek hoe inligting aangewend word vir kommunikasie en beheer in menslike stelsels asook meganiese stelsels. Kubernetika is van toepassing op alle stelsels en sluit in biologiese stelsels asook stelsels soos lugversorgingstelsels wat die tempertuur in 'n gebou beheer.

Die konsep van terugvoer in stelsels was reeds bekend in die tyd toe Norbert Wierner die term kubernetika bekend gemaak het. Die terugvoer meganisme was reeds toegepas in die ontwerp van stoomlokomotiewe se spoedbeheer. Die stelselteorie deurbraak wat N. Wierner egter gemaak het is dat hy inligting geëien het as die element agter die werking van terugvoer.

Die woord kubernetika (soms ook sibernetika) beteken letterlik "stuurkunde" (uit Grieks kubernetes: "stuurman"). Die wetenskap het ontwikkel op grond van 'n oortuiging dat alle stuurmeganismes - tegnies, biologies sowel as sosiaal- op dieselfde beginsels berus. In die algemeen word aanvaar dat die kubernetika as toegepaste wetenskap in 1948 begin ontwikkel het met die publikasie van Cybernetics, die werk van die Amerikaner Norbert Wiener, waarin hy die beginsels van radarvuurleiding op bestuur oorgedra het.

Hoë verwagtinge is vir die jong wetenskap gekoester want dit sou die eerste wetenskap wees waarin die geestelike en die materiële ʼn aansluiting sou vind en bowendien matematies geanaliseer sou kon word. Of daar in elke geval aan hierdie verwagtinge voldoen kan word, moet egter nog bewys word. Kubernetika het in die laaste 30 jaar wel ʼn baie belangrike rol in die ontwikkeling van die tegnologie, veral in die elektronika en biologie gespeel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search