Laserskyf

Die kant van 'n laserskyf wat deur die rekenaar gelees word.

'n Laserskyf of kompakskyf (ook in Engels bekend as 'n compact disc, verkort na CD) is 'n plat, ronde skyf wat gebruik word om data, musiek- (oudio CD) of video-opnames (video CD) daarop te stoor. Die deursnee van 'n normale laserskyf is 120 mm, en die gaatjie in die middel is omtrent 15 mm in deursnee.

Aanvanklik is slegs musiek en klank op laserskywe gestoor, maar later is hulle só gemaak dat hulle rekenaarlêers kon stoor op dieselfde manier as wat musiek daarop gestoor is. Na hierdie skywe word verwys as CD-ROMs, wat staan vir die Engelse term Compact Disc - Read Only Memory, wat beteken dat die rekenaar die skyf "lees" deur gebruik te maak van 'n CD-ROM-aandrywer, of enige ander aandrywer wat laserskywe kan lees.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search