Verpleging

Verpleging is 'n beroep binne die gesondheidsorgsektor wat op die versorging van individue, gesinne en gemeenskappe fokus sodat hulle optimale gesondheid en lewenskwaliteit kan bekom, kan handhaaf of kan terugkry.

Verpleërs kan op grond van hulle benadering tot pasiëntesorg, opleiding en bestek van praktyk van ander gesondheidsorgverskaffers onderskei word.

Verpleegsters werk saam met dokters, terapeute, die pasiënt, die pasiënt se gesin en ander spanlede in die ontwikkeling van 'n versorgingsplan ten einde lewenskwaliteit te verbeter. Meer ervare susters, soos kliniese verpleegspesialiste en verpleegpraktisyns, kan gesondheidsprobleme diagnoseer en medikasie en ander terapieë voorskryf. Verpleegsters kan interafhanklik, byvoorbeeld saam met dokters, sowel as onafhanklik as verpleegdeskundiges werk.

Beroepsnaam Verpleegster
Beroepstipe Gesondheidsorgpraktisyn
Aktiwiteitsektore Gesondheidsorg
Beskrywing Sorg vir die algemene welsyn van pasiënte.
Opleiding Kwalifikasies kragtens statutêre regulasies volgens die betrokke land se nasionale of provinsiale wetgewing

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search