Vlag van Zimbabwe

Vlag van Zimbabwe
Vlag van Zimbabwe
Vlag van Zimbabwe
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 18 April 1980
Ontwerp ’n Wit driehoek teen die vlagpaal met ’n rooi ster en die Voël van Zimbabwe en sewe horisontale bane in groen, geel, rooi en swart aan die wapperkant.
Wisselvormvlag van Zimbabwe
Wisselvormvlag van Zimbabwe
Bynaam Lugmagvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Ligblou vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en ’n adelaar en die Voël van Zimbabwe op die wapperkant.

Die nasionale vlag van Zimbabwe is op 18 April 1980 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n wit driehoek teen die vlagpaal met ’n rooi vyfpuntige ster en die Voël van Zimbabwe, sewe ewe wye horisontale bane in (van bo na onder) groen, geel, rooi, swart, rooi, geel en groen is aan die wapperkant.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search