Vlag van Azerbeidjan

Vlag van Azerbeidjan
Vlag van Azerbeidjan
Vlag van Azerbeidjan
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel Nasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 9 November 1918[1]
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in rooi, blou en groen met ’n wit sekelmaan en agtpuntige ster in die rooi baan.
Ontwerp deur Ali bey Huseynzade

Die nasionale vlag van Azerbeidjan is op 9 November 1918 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in rooi, blou en groen met ’n wit sekelmaan en agtpuntige ster in die middel van die rooi baan.

Tussen 1920 en 1991 het Azerbeidjan ’n ander vlag gebruik omdat die land toe deel uitgemaak het van die Sowjetunie. In die Azerbeidjanse Grondwet word na die vlag verwys en die vlag word ook twee keer genoem in die Azerbeidjanse volkslied. Op land word die vlag as burgerlike, staats- en oorlogsvlag; op see word dit gebruik as die burgerlike, staats- en vlootvaandel asook as die vlootgeus.[1] Die vlag geniet ook amptelike status in die Nachitsjewanse Outonome Republiek.

’n Presidensiële bevel het 9 November, die datum waarop die vlag in 1918 aanvaar is as die nasionale vlag van die Azerbeidjanse Demokratiese Republiek, as die nasionale vlagdag vasgestel.[2]

  1. 1,0 1,1 "Azerbeidjan" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2019. Besoek op 27 Mei 2019.
  2. (en) "Azerbeidjan vier nasionale vlagdag". Today.az. 9 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2012. Besoek op 14 November 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search